• Mail-Icon-white
  • phone-white-icon-23
  • White Pinterest Icon
  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon

Stay Up-To-Date with New Posts

3.png

© 2019 LA Organized. All Rights Reserved. Created by Vancula Agency

PAARL, WESTERN CAPE, SOUTH AFRICA

André & Jasmine se stylvolle troudag

André en Jasmine het op 18 Desember 2018 die mees stylvolle troudag in die Wes-Kaap gebring.  Elke simplistiese element het bymekaargekom en ‘n merkwaardige eindresultaat gelewer.  Dit is nie aldag wat mens sien dat ‘n paartjie só goed kan saamwerk om hul troudag vir hul albei spesiaal te maak nie.  André en Jasmine het deur die verlowing periode mekaar ondersteun, mekaar se raad gevra, na die ander een se opinie geluister en seker gemaak die hele proses is ‘n avontuur!  Hulle het die ware betekenis van die dag vasgevang terwyl hulle noukeurig aandag aan elke fynere detail gegee het.

Rol af en geniet die stylvolle trou-inspirasie.



Hoe het julle die venue gekies en wat was die inspirasie vir jul dekor?

‘n Volle jaar voordat ons verloof geraak het, het Jasmine nuuskierig geraak en na venues begin kyk.  Ons het afgekom op The Venue @ Pearl Mountain.  Ons was mal oor die industriële, tog elegante en stylvolle elemente.  Die hout en sement was vir ons ‘n moet!  En hoe kon mens nou verkeerd gaan met die ongelooflike ligging so hoog teen die Paarl berg?  Lorretta, die venue bestuurder, het elke oomblik vir ons ‘n plesier gemaak.  Haar professionalisme was merkwaardig!

Ons dekor ontwerp het ontstaan uit die idee van lig, met kerse en edison gloeilampe as fokuspunte. Ons het kleurvolle blomme vermy en eerder groen ingebring om die stylvolle konsep te komplimenteer.  Die groen eucalyptus cinera het beslis ook die industriële gevoel aangevul.


Diensverskaffers:

Venue: The Venue @ Pearl Mountain, Paarl

Gastehuis: Afrika Pearl, Paarl 

Hare: Bianca van Erinvale Spa

Platejoggie: Your DJ

Pak: Country Road 

Rok: Cindy Bam 

Fotograaf: Tasha Seccombe 

Bruid se ring: Therese De Villiers 

Bruidegom se ring: Bronski Jewellers

Strooimeisie rokke: Ontwerp deur Bruid se Ma, gemaak deur Debbie von Wielligh

Dekor: Flowers by B

Koek: Shake and Bake

Trou koördineerder: LA Organized


Read more: https://www.mooitroues.co.za/2019/09/andre-jasmine-se-stylvolle-troudag/

10 views